Wie is ons

LewenSentrum Gemeente het ontstaan met die openingsdiens van Alberton LewenSentrum op 10 Oktober 1999. Dit was die geboorte van ‘n nuwe gemeente onder die leiding van pastoor Andries Enslin. Andries Enslin se oorsprong as pastoor is van die AGS-gemeente. Vroeg na Andries se bekering het die begeerte in sy hart ontstaan om ʼn gemeente te begin. Die gemeente se fokus sou wees om mense met praktiese woord te bedien in hulle soeke om God en mens liewer te hê. Deur God se genade het Alberton LewenSentrum gegaan van ‘n kleingroep tot ‘n gevestigde gemeente van duisende. Alhoewel ons-onsself as ‘n interkerklike onafhanklike gemeente sien werk ons graag saam ander gemeentes en instansies om ‘n verskil in mense se lewens mee te bring. Ons bedieningsfilosofie is een van ‘n middeweg tussen tradisioneel en charismatiese gemeentes in Afrikaans. Die klem van ons byeenkomste is een waar jy welkom voel maar tog gekonfronteer word met ‘n praktiese woord oor die waarheid van Christus. Soos ons beleef God voeg by tot ons as gemeente het die geleentheid ontstaan om ook ons filosofie te vermenigvuldig in die vorm van gemeentes en verskeie digitale platforms. Hierdie groei het ons tot die punt gebring waar Alberton LewenSentrum groei na LewenSentrum Gemeente Alberton en In.kerk. Hierdie verskeie gemeentes neem dieselfde bedieningsfilosofie te harte en is dus gefokus om mense te help om God en mens liewer te hê daar waar hulle is.
Ons Missie
Ons streef daarna om God se grootste gebod tot die beste van ons vermoë uit te leef.
Ons Visie
Ons droom van ‘n gemeente wat homself gee om God en mens liewer te hê. Ons sien ‘n kerk, waar soekers, sowel as gelowiges toegerus word om totaal toegewyde, Geesvervulde volgelinge (TTGV’s) van Jesus te word. Ons naam LewenSentrum praat ook van ons droom om sewe sentrums en verskillende bedieninge en fasiliteite daar te stel wat mense se lewenskwaliteit gaan verbeter. Ons wil ‘n sentrum vir totale lewensverandering wees!
“...Hoor, Israel, die Here, onse God, is ’n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.” Markus 12:29b-31 (OAV)
Leer ken die span
Hier by LewenSentrum sien ons nie ons self as net spanmaats nie, hier staan ons saam as 'n familie in Christus
OM GOD EN MENS LIEWER TE HÊ.

Andries Enslin

Jakkie Van Niekerk

Wynand Laubscher

Mardie Van der Merwe

Morné Kruger

Christelle Van Wyk

Ingrid Laubscher

Lisa Katzke

Chanté Roome

Willie Coetzee

Francois Fouché

Connie Seekoei

Christopher Sonnenberg

Stefan van Graan


