Bedieninge

Plugg-in

Plugg-In is die hoërskoolbediening van LewenSentrum Gemeente. Plugg-In se lese is; “Los ‘n merk.” Ons glo dat wanneer ons God se liefde beleef los dit ‘n merk in ‘n mens se hart. Hierdie merk in my hart word dan ‘n getuienis vir almal om my.

Kideas

By Kideas glo ons dat kinders se geloofsreis vroeg begin. Waar hulle Jesus leer ken deur aanbidding en interaktiewe lesse wat hul geloof lewendig maak.Ons begeerte is om ’n sterk, Bybelse fondasie in hul lewens te bou wat hulle vir altyd sal dra.By Kideas is daar plek vir elke kind om te behoort, te groei en net hulself te wees.

Fietsry

Jy en jou gesin kan op julle fietse saam die natuur beleef, terwyl verskeie roetes, plaaslik en verder, aangepak word. Wedrenne, asook sosiaal.

Atletiek span

Die klub is geaffilieer met ASA. Kom beleef beplande oefeninge, spontane ondersteuning en goeie geselskap, terwyl jy werk aan 'n gesonde liggaam en gees. Padwedlopers en stappers is welkom.

Parkrun

Jy het die geleentheid om saam met ander gemeentelede, as ‘n groep, aan hierdie gesonde aktiwiteit deel te neem.

Voetslaan

Wat kan beter wees as die vars oggendlug, of die getjirp van die voëls op 'n warm somersdag, of die reuk van veldgras na 'n reënbui? Voeg daarby lekker geselskap van mede-gelowiges wat saam 'n verskeidenheid van staproetes met verskillende afstande aandurf.

Skilderklub

Kuns is terapeuties veral wanneer ons saam skilder. Word deel van LewenSentrum se Skilderklub vandag.

Gholf

Alle gholfspelers is welkom om elke maand saam met ons by verskillende gholfbane stokke te kom swaai. Ons jaarlikse gholfdag vind in Meimaand plaas.

Kampeer

Wat van 'n wegbreeknaweek saam met vriende? Kampeer en ontspan saam met ander families van LewenSentrum by 'n verskeidenheid van kampeerplekke, nie te vêr van jou gemeente nie

HMR - Hulp Met Ritme

Ons vrywilligers verpak weekliks van Dinsdag tot Donderdagoggende vanaf 08:00 kospakkies. Hieruit word aan gesinne kos voorsien. Hierdie pakkies sluit ook bejaarde tehuise en inloop persone in.

Word Deel Van LewenSentrum Bedieninge en Aksies