HMR · HULP MET RITME

OM GOD
EN MENS
LIEWER TE HÊ.

Ons liefde kry hande en voete. HMR is LewenSentrum se welsynsbediening: ons reik uit, deel kospakkies en staan mense met liefde en waardigheid by.
Hulp Met Ritme bied praktiese hulp en ondersteuning aan mense en gesinne wat deur moeilike omstandighede gaan. Deur kos, klere en ander noodsaaklike items in te samel en te versprei, help ons mense om weer ’n ritme in hul lewe te vind.
Agter elke kospakkie is ’n mens. Daarom dien ons met deernis, respek en die oortuiging dat elke persoon waardevol is.
JOU HANDE KAN HELP

Daar is ’n plek vir jou.

UIT ONS BEDIENING

Oomblikke van omgee.

Uitreike, skenkings en mense wat saam ’n verskil maak.
PROJECT HANDS · 1 SEPTEMBER 2026

Saam maak ons
’n verskil.

Helpende hande en gewillige harte by God’s Children’s Day Care in Randhart. ’n Gemeenskapsprojek waarin Peloton Men in Christ, ZionFire, Be His en LewenSentrum saam diensbaar was.
Om God en mens liewer te hê — in die praktyk.
SKENK MET LIEFDE

Help ons om
verder uit te reik.

Elke bydrae is ’n manier om God se liefde prakties uit te leef. Dankie dat jy saam met HMR vir mense omgee.
Gebruik die verwysing HMR.

Bankbesonderhede

Alberton LewenSentrum
Nedbank Meyersdal
Rekeningnommer: 1520044836
Takkode: 196005
Verwysing: HMR
Vir navrae oor ’n skenking of om ’n betalingsbewys te stuur: hmr@lewensentrum.org.
RAAK BETROKKE

Kom maak saam
’n verskil.

Of jy tyd, kos, klere of ’n finansiële bydrae wil gee — ons hoor graag van jou.