Bedieninge

Plugg-in

Plugg-In - JY IS DIE VOLGENDE GENERASIE VAN DIE KERK Ons as hoërskool bediening fokus daarop om jou as jongmense te help groei in Christus en ons wil jou help om Hom werklik te leer ken! Ons hart is om die Koninkryk van God te bou deur ’n generasie te ontwikkel wat verstaan wie hulle in Christus is — want wanneer ons ontdek wie Hy is, ontdek ons ons ware Ons glo in egte verhoudings, geestelike groei en ’n lewende geloof wat elke dag sigbaar word.

Kideas

By Kideas glo ons dat kinders se geloofsreis vroeg begin. Waar hulle Jesus leer ken deur aanbidding en interaktiewe lesse wat hul geloof lewendig maak.Ons begeerte is om ’n sterk, Bybelse fondasie in hul lewens te bou wat hulle vir altyd sal dra.By Kideas is daar plek vir elke kind om te behoort, te groei en net hulself te wees.

Manne-Peloton

Peloton Mannebediening is 'n Christelike gemeenskap waar manne saam op 'n doelbewuste dissipelskapspad stap. Soos 'n fietsry-peloton glo ons dat niemand alleen hoef te ry nie; ons ondersteun, lei en versterk mekaar deur elke seisoen van die lewe. Gegrond op Bybelse waardes van geloof, integriteit, dissipline, diensbaarheid en broederskap, help ons manne om Jesus meer getrou te volg en geestelik te groei. Saam ontwikkel ons as dissipels wat sterk leiers in ons huise, gemeenskappe en die Koninkryk van God word, terwyl ons mekaar aanmoedig om die wedloop van geloof met volharding te voltooi.

Be His - Vrouebediening

LewenSentrum se Vrouebediening is ’n plek waar vroue van alle ouderdomme saamkom om in hul geloof te groei, opregte vriendskappe te bou en mekaar deur elke seisoen van die lewe te ondersteun. Deur spesiale byeenkomste, geloofsgesprekke en lekker saamkuiergeleenthede skep ons ’n veilige ruimte waar elke vrou welkom, waardevol en geliefd kan voel. Hier moedig ons mekaar aan om ons Godgegewe identiteit te ontdek en met geloof en doelgerigtheid te leef. Kom soos jy is en word deel van ’n gemeenskap van vroue wat saam groei, saam bid en saam ’n verskil maak.

Connect - Young Adults

CONNECT is LewenSentrum Gemeente se young adult bediening gebou op vier pilare: Woord, Socials, Worship en Uitreik Ons wil ’n plek wees waar jong volwassenes kan behoort, groei en God kan ervaar— maar ook waar hulle gechallenge word om verder te gaan. Ons wil hulle toerus om hul geloof buite die kerk uit te leef, aktief deel te word van God se Koninkryk en ’n verskil te maak waar hulle is.

Gasvryheid

Ons Gasvryheidsbediening is die vriendelike hart van LewenSentrum Gemeente. Ons doel is om elke persoon wat deur ons deure stap, met warmte en liefde te verwelkom en hulle dadelik tuis te laat voel. Van ’n vriendelike glimlag en ’n warm verwelkoming tot praktiese hulp en ondersteuning – ons span help om ’n omgewing te skep waar almal welkom, raakgesien en waardeer voel. As jy ’n hart vir mense het en daarvan hou om ander te dien, nooi ons jou om deel te word van ons Gasvryheidsbediening. Saam kan ons God se liefde op ’n tasbare manier uitleef.

Tegnies

Ons Tegniese Bediening speel ’n belangrike rol om elke erediens en byeenkoms by LewenSentrum Gemeente ’n betekenisvolle ervaring te maak. Die span is verantwoordelik vir multimedia, beligting, kamerawerk en klank. Deur tegnologie en kreatiwiteit te gebruik, help ons om die boodskap van God op ’n duidelike en professionele manier oor te dra – binne die kerkgebou én aan mense wat aanlyn saam met ons inskakel. Of jy reeds tegniese ervaring het of graag nuwe vaardighede wil aanleer, daar is ’n plek vir jou in ons span. Kom gebruik jou talente agter die skerms en help ons om die Evangelie verder te versprei.

Senior selgroepe

Ons Senior Selgroepe bied ’n warm en ondersteunende ruimte waar seniors gereeld kan saamkom om in hul geloof te groei, betekenisvolle vriendskappe te bou en die lewe met mekaar te deel. Hier bid ons saam, gesels ons oor God se Woord en ondersteun ons mekaar deur elke seisoen van die lewe. Dit is ’n plek waar elke persoon welkom, waardevol en deel van ’n liefdevolle geloofsfamilie is. Kom kuier saam, ontmoet nuwe vriende en beleef die vreugde van geloof en gemeenskap by LewenSentrum.

Fietsry

Jy en jou gesin kan op julle fietse saam die natuur beleef, terwyl verskeie roetes, plaaslik en verder, aangepak word. Wedrenne, asook sosiaal.

Atletiek span

Die klub is geaffilieer met ASA. Kom beleef beplande oefeninge, spontane ondersteuning en goeie geselskap, terwyl jy werk aan 'n gesonde liggaam en gees. Padwedlopers en stappers is welkom.

Parkrun

Jy het die geleentheid om saam met ander gemeentelede, as ‘n groep, aan hierdie gesonde aktiwiteit deel te neem.

Voetslaan

Wat kan beter wees as die vars oggendlug, of die getjirp van die voëls op 'n warm somersdag, of die reuk van veldgras na 'n reënbui? Voeg daarby lekker geselskap van mede-gelowiges wat saam 'n verskeidenheid van staproetes met verskillende afstande aandurf.

Skilderklub

Kuns is terapeuties veral wanneer ons saam skilder. Word deel van LewenSentrum se Skilderklub vandag.

Gholf

Alle gholfspelers is welkom om elke maand saam met ons by verskillende gholfbane stokke te kom swaai. Ons jaarlikse gholfdag vind in Meimaand plaas.

Kampeer

Wat van 'n wegbreeknaweek saam met vriende? Kampeer en ontspan saam met ander families van LewenSentrum by 'n verskeidenheid van kampeerplekke, nie te vêr van jou gemeente nie

HMR - Hulp Met Ritme

HMR – Hulp Met Ritme is LewenSentrum Gemeente se welsynsbediening wat praktiese hulp, ondersteuning en hoop bied aan mense en gesinne wat deur moeilike omstandighede gaan. Deur die insameling en verspreiding van kos, klere en ander noodsaaklike items help ons mense om weer op hul voete te kom en ’n gesonde ritme in hul lewe te vind. Ons glo dat elke persoon met waardigheid, liefde en deernis behandel moet word. Jy kan deel word deur jou tyd te gee, prakties te help of ’n bydrae te lewer. Saam kan ons God se liefde sigbaar maak en ’n betekenisvolle verskil in ons gemeenskap maak.

Word Deel Van LewenSentrum Bedieninge en Aksies